Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Idioom "luivroukoffie (?)"
Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9770 is 'n antwoord op boodskap #9771] Sun, 15 June 1997 00:00 na volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: July 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gister het my ouma op 'n verjaarspartytjie gesêg dat in die jare 60,
toen zy vir 't eerst "filterkoffie" kon maak, iemand uit Suid Afrika
het gesêg dat daardie mense 't "luivrou koffie" noem. Vervolgens het
twee tantes onenigheid gekreeg over die naam vir "lift (elevator)".
Stygbakkie, hysbakkie of is 't lift soos in 't Nederlands?

Kan iemand vertellen wat nou waar is?

Verskoning vir fout taalgebruik.

Arthur
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9771 is 'n antwoord op boodskap #9770] Sun, 15 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stefan Harms  is tans af-lyn  Stefan Harms
Boodskappe: 35
Geregistreer: October 1996
Karma: 0
Volle Lid
Arthur Hagen het geskryf:

>  Gister het my ouma op 'n verjaarspartytjie gesêg dat in die jare 60,
>  toen zy vir 't eerst "filterkoffie" kon maak, iemand uit Suid Afrika
>  het gesêg dat daardie mense 't "luivrou koffie" noem. Vervolgens het
>  twee tantes onenigheid gekreeg over die naam vir "lift (elevator)".
>  Stygbakkie, hysbakkie of is 't lift soos in 't Nederlands?
>
>  Kan iemand vertellen wat nou waar is?
>
>  Verskoning vir fout taalgebruik.
>
>  Arthur

beste Arthur,

Al is luivroukoffie nie 'n idioom nie, is dit tog 'n mooi uitdrukking.
Dit laat my dink aan die uitdrukking: "laat-kom-koek"
Dit is wat die mense in die Noord-Weste 'n koek noem wat in die bakkery op
bestelling gebak is.

Sover ek weet is 'n hysbak die mees algemene woord vir "lift", alhoewel ek
baie van jou woord stygbakkie hou.

groete

--
Stefan Harms
For e-mail remove the ANTISPAM from the e-mail address, sorry.
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9776 is 'n antwoord op boodskap #9771] Mon, 16 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bur...  is tans af-lyn  bur...
Boodskappe: 33
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article "Arthur Hagen" writes:
> From: "Arthur Hagen"
> Subject: Idioom "luivroukoffie (?)"
> Date: 15 Jun 1997 08:53:49 GMT

> Gister het my ouma op 'n verjaarspartytjie gesêg dat in die jare 60,
> toen zy vir 't eerst "filterkoffie" kon maak, iemand uit Suid Afrika
> het gesêg dat daardie mense 't "luivrou koffie" noem. Vervolgens het
> twee tantes onenigheid gekreeg over die naam vir "lift (elevator)".
> Stygbakkie, hysbakkie of is 't lift soos in 't Nederlands?

> Kan iemand vertellen wat nou waar is?

> Verskoning vir fout taalgebruik.

> Arthur

Vir "lift/elevator" is die Afrikaans "hysbak".
Die "luivrou koffie" ken ek nie, wel die volgende:
1. "Lui huisvrou melktert" is 'n melktert waarvoor dit nie nodig is
om eers 'n kors te maak nie, die beslag vorm self 'n ligte kors.
2. "Lui huisvrou bone/boontjies" is bone wat nie ontnerf hoef te word nie.

Sybrand
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9783 is 'n antwoord op boodskap #9771] Tue, 17 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 463
Geregistreer: January 1996
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" writes: > Gister het my ouma op 'n verjaarspartytjie gesêg dat in die jare 60,
> toen zy vir 't eerst "filterkoffie" kon maak, iemand uit Suid Afrika
> het gesêg dat daardie mense 't "luivrou koffie" noem. Vervolgens het
> twee tantes onenigheid gekreeg over die naam vir "lift (elevator)".
> Stygbakkie, hysbakkie of is 't lift soos in 't Nederlands?
>
> Kan iemand vertellen wat nou waar is?
>
> Verskoning vir fout taalgebruik.
>
> Arthur

Arthur,
In Afrikaans is daar, dink ek, "filterkoffie" en dan
"kitskoffie." Laasgenoemde is dit wat die Engelse
Instant Coffee noem. Enige persoon wat instant coffee
"luivrou koffie" noem, het 'n agenda en wil net ander
seermaak.
Die woord in Afrikaans vir "lift" of "elevator" is
"hysbak." Noem julle dit werklik ook lift in Nederlands?
Ek hou daarvan as jy op die Afrikaanse nuusgroep
skryf. Ek wens meer Nederlanders en Vlaminge wil dit
doen.

Gloudina Bouwer
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9798 is 'n antwoord op boodskap #9771] Wed, 18 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
bouwer wrote in article ...
> Arthur,

> Ek hou daarvan as jy op die Afrikaanse nuusgroep
> skryf. Ek wens meer Nederlanders en Vlaminge wil dit
> doen.
>
> Gloudina Bouwer

Hoor, hoor, hoor. Hoe meer mense deelneem in
tale (Nederlands, Nederduits, Skots, ...) wat verwant
is met Afrikaans, hoe gelukkiger sal ons wees. Skryf
sommer in daardie tale in plaas van Afrikaans of Engels.
Ons sal julle in Afrikaans beantwoord, as ons ie anders
kan nie.

Beste wense
At de Lange
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9799 is 'n antwoord op boodskap #9771] Wed, 18 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: July 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Enige persoon wat instant coffee
> "luivrou koffie" noem, het 'n agenda en wil net ander
> seermaak.
Verskoning, ek versta nie "het 'n agenda en wil net ander
seermaak" nie.

> Die woord in Afrikaans vir "lift" of "elevator" is
> "hysbak." Noem julle dit werklik ook lift in Nederlands?
Ja, wy noem "hysbak" lift. Ek vind hysbak (hijsbak) mooier.

Nieuw woord: sleurhut=caravan (trailer) (van sleuren=meeslepen)

Julle is als Vlaminge: zy gebruike ook by voorkeur "pure taal".

Arthur
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9813 is 'n antwoord op boodskap #9771] Thu, 19 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Jonnie wrote in article
...
> Ek het eerlikwaar nie geweet dat Skots verwant is aan Afrikaans nie. Ek
> sal baie graag voorbeelde van hierdie taal wil sien.

Jonnie, het ek geweet dat jy sou belang stel, het ek
'n paar voorbeelde op die hardeskyf gestoor. Sodra ek
weer 'n voorbeeld raakloop, sal ek dit op hierdie NG
pos. Daar is 'n poslysbediener genaamd LOWLANDS
waarin al die laaglandse tale aandag geniet.

Een ding weet ek vandag - om Afrikaans te ken maak 'n
wereld oop in noord Europa wat ontoeganklik is vir honderde
miljoene mense wat nie een van die laaglandse tale
ken nie. Dit is een van die redes waarom dit belaglik is
dat Afrika Afrikaans wil afskryf. Afrikaans konnekteer
Afrika deur sy suide kant met Europa deur sy noordekant.

Ek sal binnekort vir julle 'n storie pos wat in Nederduits
(Laag Saksies) geskryf is en dan afsonderlik my
Afrikaanse vertaling daarvan. Dan kan julle self die
verwantskap nagaan. Ek beplan om dit te doen in 'n
reeks wat ek "AfroSaksiese Verbande" gaan noem.

Alles van die beste.
At de Lange
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9814 is 'n antwoord op boodskap #9771] Thu, 19 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stefan Harms  is tans af-lyn  Stefan Harms
Boodskappe: 35
Geregistreer: October 1996
Karma: 0
Volle Lid
Toe vertel Oom At:

> Jonnie:
>> Ek het eerlikwaar nie geweet dat Skots verwant is aan Afrikaans nie. Ek
>> sal baie graag voorbeelde van hierdie taal wil sien.
>
> Jonnie, het ek geweet dat jy sou belang stel, het ek
> 'n paar voorbeelde op die hardeskyf gestoor. Sodra ek
> weer 'n voorbeeld raakloop, sal ek dit op hierdie NG
> pos. Daar is 'n poslysbediener genaamd LOWLANDS
> waarin al die laaglandse tale aandag geniet.
>
> Een ding weet ek vandag - om Afrikaans te ken maak 'n
> wereld oop in noord Europa wat ontoeganklik is vir honderde
> miljoene mense wat nie een van die laaglandse tale
> ken nie. Dit is een van die redes waarom dit belaglik is
> dat Afrika Afrikaans wil afskryf. Afrikaans konnekteer
> Afrika deur sy suide kant met Europa deur sy noordekant.
>
> Ek sal binnekort vir julle 'n storie pos wat in Nederduits
> (Laag Saksies) geskryf is en dan afsonderlik my
> Afrikaanse vertaling daarvan. Dan kan julle self die
> verwantskap nagaan. Ek beplan om dit te doen in 'n
> reeks wat ek "AfroSaksiese Verbande" gaan noem.
>
> Alles van die beste.
> At de Lange

Een van die groepe mense in die wat na die Kanadese vlaktes geimigreer
het, is die Mennonite. Hulle praat 'n tipe "Low German" of Platt
(=Plattdeutsch).
As ek Afrikaans praat, kan hulle my so hier en daar verstaan.

Oorspronklik stam hulle uit 'n religieuse groep volgelinge van ene Menos
wat uit Friesland na die Swart meer getrek het, en van daar na Kanada.
Vanwee" hulle uiterse onverdraagsaamheid met oorlog, in ooreenstemming met
hulle geloof, het sommiges toe van Kanada tydens die tweede Wereldoorlog
na Mexico en na Peru getrek.

Interessant vir my is die hardkoppigheid, godsdiensvastigheid wat vir my
nogal aan die Boere laat dink, behalwe dat hierdie ouens gewere en oorlog
as 'n sonde beskou en dit vermy en gevolglik ook heelwat oor die aardbol
rondgetrek het.

Ongelukkig word hulle taal nie veel geskryf of op skool geleer nie, en is
aan die uitsterf. Laat dit 'n les vir ons wees.

--
Stefan Harms
For e-mail remove the ANTISPAM from the e-mail address, sorry.
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9815 is 'n antwoord op boodskap #9771] Thu, 19 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kdt  is tans af-lyn  Kdt
Boodskappe: 2
Geregistreer: June 1997
Karma: 0
Junior Lid
AM de Lange schreef:

> Hoor, hoor, hoor. Hoe meer mense deelneem in
> tale (Nederlands, Nederduits, Skots, ...) wat verwant
> is met Afrikaans, hoe gelukkiger sal ons wees. Skryf
> sommer in daardie tale in plaas van Afrikaans of Engels.
> Ons sal julle in Afrikaans beantwoord, as ons ie anders
> kan nie.

Jonnie wrote:

> Ek het eerlikwaar nie geweet dat Skots verwant is aan Afrikaans nie. Ek
> sal baie graag voorbeelde van hierdie taal wil sien.

Ik ben bij toeval even in deze nieuwsgroep verzeild geraakt
en kan het niet laten te reageren.

- Wat het Nederlands betreft is er niks aan de hand. Wat ik hier
schrijf is een stukje onvervalst Nederlands.

- Voor Nederduits ligt het al wat moeilijker. De Noord-Duitse
(of Nederduitse) dialecten leunden van oorsprong dichter bij
de Nederlandse dan bij Zuid-Duitse (of Hoogduitse) dialecten
aan. Het Nederduits heeft zich echter nooit tot een volwaardige
standaardtaal kunnen ontwikkelen en heeft door de eeuwen heen
meer en meer veld moeten ruimen voor het Hoogduits. Wat er nu
nog van overschiet is erg door het Hoogduits beïnvloed. Kortom,
er bestaat geen Nederduitse schrijftaal.

- Ten slotte het Schots. Als je daarmee het Keltische Schots
bedoeld, dan zou ik maar niet al te veel rekenen op verwantschap
met het Afrikaans.

Groeten,
Kdt.
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9816 is 'n antwoord op boodskap #9771] Thu, 19 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: July 2001
Karma: 0
Senior Lid
AM de Lange schreef
> Hoor, hoor, hoor. Hoe meer mense deelneem in
> tale (Nederlands, Nederduits, Skots, ...) wat verwant
> is met Afrikaans, hoe gelukkiger sal ons wees. Skryf
> sommer in daardie tale in plaas van Afrikaans of Engels.
> Ons sal julle in Afrikaans beantwoord, as ons ie anders
> kan nie.
>
> Beste wense
> At de Lange
>
Hoi At, ik neem aan dat mijn Afrikaans wel heel erg slecht moet zijn
geweest, aangezien jij liever hebt dat ik Nederlands schrijf. Ik vind
Afrikaans gewoon een interessante taal en ik hou wel van een uitdaging,
dus moet je het me niet kwalijk nemen wanneer ik in de toekomst nog
eens een poging waag.

Ik ben mij overigens niet bewust van een nauwe verwantschap tussen
Schots (een keltische taal) en Afrikaans. Kun je dit misschien
toelichten?

Vriendelijke groeten,
Arthur
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9817 is 'n antwoord op boodskap #9771] Thu, 19 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonnie  is tans af-lyn  Jonnie
Boodskappe: 31
Geregistreer: October 1996
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
"AM de Lange" wrote:

> Hoor, hoor, hoor. Hoe meer mense deelneem in
> tale (Nederlands, Nederduits, Skots, ...) wat verwant
> is met Afrikaans, hoe gelukkiger sal ons wees. Skryf
> sommer in daardie tale in plaas van Afrikaans of Engels.
> Ons sal julle in Afrikaans beantwoord, as ons ie anders
> kan nie.
>

Ek het eerlikwaar nie geweet dat Skots verwant is aan Afrikaans nie. Ek
sal baie graag voorbeelde van hierdie taal wil sien.

--
Jonnie
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9820 is 'n antwoord op boodskap #9771] Fri, 20 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Kdt wrote in article

> - Voor Nederduits ligt het al wat moeilijker. De Noord-Duitse
> (of Nederduitse) dialecten leunden van oorsprong dichter bij
> de Nederlandse dan bij Zuid-Duitse (of Hoogduitse) dialecten
> aan. Het Nederduits heeft zich echter nooit tot een volwaardige
> standaardtaal kunnen ontwikkelen en heeft door de eeuwen heen
> meer en meer veld moeten ruimen voor het Hoogduits. Wat er nu
> nog van overschiet is erg door het Hoogduits beïnvloed. Kortom,
> er bestaat geen Nederduitse schrijftaal.

Baie dankie Kdt (?) vir hirdie bydrae.

Dit is beslis waar. Die taal Laag Saksies (Nederduits) het geweldig
skade gelei omdat dit nooit tot skryftaal bemagtig is nie. In noord
Duitsland is dit onderwerp aan 'n verduitsering (Platt Dietsch) en in
oos Nederland is dit onderwerp aan 'n vernedelandisering (Twents
en Drents).

Wat van Afrikaans? Ek het 'n vermoede ("conjecture") dat met
Afrikaans dieselde gebeur het as met Nederduits in Twente en
Drente. maar net op 'n veel groter skaal. Vir 150 jaar aan die Kaap
is Kaapse Hollands onder invloed gewees van Hoog Hollands
(Frankonies) in alle korrespondensie met kerk en staat. So groot
was hierdie vernederlandisering dat meeste mense vandag kan
reken dat Afrikaans 'n vereenvoudige vorm van Hoog Hollands is,
'n soort van 'n dogtertaal.

Party geleerdes is 'n bietjie versigtiger en sê eerder dat Afrikaans
'n sustertaal van moderne Nederlands uit die Middeleeuse Hollands
is. Maar in die middeleeue was daar drie tale in die gebied gepraat
wat tans Nederland en Belgie behels, naamlik Frankonies (Laag
Frankies, Middeleeuse Hollands), Frisies en Laag Saksies
(Nederduits). Om te sê dat Afrikaans net van Frankonies afstam,
is gewaagd. Gaan kyk maar na die vanne van Afrikaners. Daar is
omtrent net soveel Frisiese en Saksiese vanne as Frankoniese
vanne!

My vermoede is dat Afrikaans die eerste bemagtiging van Nederduits
in skrif is. Ek gee toe dat Kaapse Hollands so vernederlandiseer is
dat dit nie maklik is om die Nederduits daarin te herken nie. Maar
daar is tog 'n manier om dit te doen. Neem 'n stuk wat in Nederduits
geskryf (ja, daar is mense wat nou besig is om dit te probeer doen)
en vertaal dit na Nederlands, Afrikaans en Duits. Kyk dan na watter
een van die drie vertalings dit die meeste ooreenstem. (Met ander
woorde, moenie kyk na Afrikaans en watter een van Nederlands,
Nederduits of Duits dit ooreenstem nie.) Julle sal gou-gou julle
eie gevolgtrekkings kan maak.

Een les wat ons uit jou berig moet leer, is dat die gebrek aan
die die skrifvorm van 'n taal die sprekers daarvan geweldig
ontmagtig, minderwaardig laat voel, ensovoorts. Mense, laat ons
Afrikaans skryf, maak nie saak of ons Afrikaans, Nederlands, Plat
Duits, Twents, Frisies of Duits praat nie. Afrikaans is 'n moderne
taal. Ek weet nie van 'n jonger taal as Afrikaans nie. Laat ons
Afrikaans weer jonk maak! Almal se bydraes is nodig.

Alles van die beste
At de lange
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9821 is 'n antwoord op boodskap #9771] Fri, 20 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote in article
...

> Hoi At, ik neem aan dat mijn Afrikaans wel heel erg slecht moet zijn
> geweest, aangezien jij liever hebt dat ik Nederlands schrijf. Ik vind
> Afrikaans gewoon een interessante taal en ik hou wel van een uitdaging,
> dus moet je het me niet kwalijk nemen wanneer ik in de toekomst nog
> eens een poging waag.

Nee, jou Afrikaans het my glad nie gepla nie. Ek het
nogal daarvan gehou! Doen gerus so voort.

Ek het nie eers aan jou gedink toe ek my uitnodiging
gerig het nie. Ek het gedink aan almal wat graag wil
deelneem, maar nie eers die geringste in Afrikaans
kan skryf nie. Skryf gerus in julle laaglandse tale!
En wanneer julle Afrikaans wil probeer skryf, moenie
huiwer nie. Julle oefenry sal vir ons kostelik wees. Wees
bedag en sê wat hou moedertaal is en dat jy jou
Afrikaans wil oefen. Daar is maar altyd mense wat
oogklappe aan het en boonop vergrootglase.

Ek self vind die lees van laaglandse tale baie vrugbaar
vir my Afrikaans. Ek moet gereeld gaan kyk of 'n
Friesiese of Nederduitse woord nog in Afrikaans bestaan.
Dikwels bestaan dit wel, maar het dit in onbruik verval.

Ons Afrikaanssprekendes hier in Suid Afrika het dit nie
teen Engels nie. Maar ons word oorval met 'n eienaardige
soort Engels waarvan die uitspraak beroerd is, die
woordeskat voorspelbaar is, en baie frases holrug gery word.
Ons soek keurige Engels, maar dit is so skaars soos
hoendertande.

> Ik ben mij overigens niet bewust van een nauwe verwantschap tussen
> Schots (een keltische taal) en Afrikaans. Kun je dit misschien
> toelichten?

Arthur, kyk na my antwoord op Jonnie se versoek. As ek
skryf dat daar 'n verwantskap tussen Afrikaans en Skots is
dan bedoel ek dit in die laaglandse verband. Met ander woorde,
die verband tussen Afrikaans en Skots is veel sterker as die
verband tussen Afrikaans en Spaans, Hongaars of Grieks.
Laasgenoemde verband bestaan wel en word die
Indogermaanse verband genoem.

Hoekom is daar wel 'n laaglandse verband tussen Afrikaans
en Skots? Die Skotte was die eerste germaanse mense wat
uit noord Duitsland (Nederduitsland) na die Britse eilande toe
getrek het. As ek reg onthou, was hulle toe die Scoloti genoem.
Dit het so omtrent 300 jaar vC gebeur. Toe die Romeine later
self die eilande binneval, het hulle maklik die Keltiese volke
oorweldig, maar nie die Skotte nie. Dit was vir hulle so 'n groot
verleentheid dat hulle net soos die Sjinese 'n muur dwars oor
Engeland gebou het. Selfs dit het nie gewerk nie - hulle het
toe 'n tweede muur gebou. Dele van hierdie mure bestaan
vandag nog.

Later het ander germaanse stamme ook van noordoos Duitsland
al verder weswaarts begin trek (Friese, Jutte, Angels, Saksers,
Franke). So omtrent 400nC (na die val van die Romeinse ryk)
het meeste van die Angels en 'n deel van die Jutte, Sakse en
Friese weer koers gekies na Engeland. So het die Engelse met
hulle taal Oud Engels onstaan.

Meer as 'n duisend jaar later het afstammeling van die Laag Franke
(Hollanders), Friese en Laag Sakse (Nederduitsers) weer die see
gevat en na die suide van Afrika koers gekies. Vandag praat die
meeste van hulle afstammelinge Afrikaans.

En voordat iemand dink dat ek weer wit rassisme verkondig -
ek smag dat meer bruin en swart Afrikaanssprekendes sal
deelneem. Ek dink aan al die wondelike Afrikaans wat ek by
bruinmense van die Noord-wes Kaap (Namakwaland,
Boesmanland) gehoor het. Ek dink aan die wonderlike
Afrikaans wat die Reheboth Basters in die middel van Namibie
met my gepraat het. Ek dink selfs aan die manjifieke Afrikaans
wat ek by die Damaras in die noorde van Namibie gehoor het -
mense wat hulself nog steeds die Klipkaffers noem. Weet julle
hoekom? Damaraland en die kaokoveld is 'n Klipwoestyn. Daar
het ek dikwels 'n paar stewels binne 'n dag flenters geloop.
As jy 'n paar mooi bene wil h^e, gaan loop daar rond. Elke
trap is op 'n klip wat jou voet en been in 'n ander rigting swik.

Die binne my beleef ek 'n groot pyn omdat hierdie mense nie
toegang tot rekenaars en die internet het nie. Ek vertel hulle
nie graag van internet nie omdat hulle self gemartel luister
na wat ek te vertel het. Ek kan die begeerte en verlange in hulle
o"e nie verduur nie. As iemand my 100 miljoen rand gee, sal ek
presies weet wat om daarmee te doen. Ek sal 100
"Rekenaarsalonne" oprig, elkeen met 'n kragbron, elkeen toegerus
met 50 rekenaars gekoppel aan internet, elkeen veilig en kundig
bestuur. Daar sal presies 100 gemeenskappe wees wat die
nuwe era sal ingaan.

Alles van die beste.
At de Lange
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9830 is 'n antwoord op boodskap #9771] Sun, 22 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Stefan Harms wrote in article
> Een van die groepe mense in die wat na die Kanadese vlaktes geimigreer
> het, is die Mennonite. Hulle praat 'n tipe "Low German" of Platt
> (=Plattdeutsch).
> As ek Afrikaans praat, kan hulle my so hier en daar verstaan.

Stefan,

Baie dankie vir jou bydare oor die Mennonite. Hoe lyk
dit met verder bydraes. En ook oor die Amish mense.

Dertig jaar gelede, toe ek nog fisika geswot het, sou
ek hierdie mense met hulle afkeer in tegnologie as
pateties beskou het. Om jouself so in te doen met
nuttige dinge.

Maar hededaags, na 'n lang pad besaai met vurkings
(bifurcations), ingewikkeldheid (complexity), chaos,
orde en selforganisasie het ek geweldig begrip vir hulle
standpunt.

Alle tegnologie het deur die toedoen van die mens
tot stand gekom. Geen tegnologie sou spontaan
(vanself) tot stand gekom het nie. Alle tegnologie is
dus niespontane verskynsels. Selfs batterye, sonselle
en generators wat ander niespontane tegnologie moet
dryf, kan self nie spontaan tot stand kom nie.

'n Kenmerk van alle niespontane skeppings is dat
sodra die eksterne beheer en werk weg geneem word,
die skepping nie vanself aangaan nie. Verval tree
dadelik in werking totdat daar uieindelik niks meer oor is
nie.

'n Kenmerk van alle spontane skeppings (veranderinge) is
dat hulle ingespan kan word as 'n bron vir werk. Daardeur
word hulle eie voortgang vertraag. Ons samelewing wat
so sterk leun op niespontane skeppings, plaas geweldige
eise aan die spontane skeppings.

Mense het dus geleer hoe om niespontane dinge
te laat gebeur deur eksterne beheer en werk daarop
te verrig. Maar terselfdertyd het mense verleer hoe
om die gebeur van spontane dinge te begelei.
Gevolglik probeer hulle die verlies aan spontane dinge
te vergoed deur dit te dwing om op 'n niespontane
wyse te gebeur. So skep hulle 'n al groter wordende
bose kringloop.

Twee onlangse gebeure in die geskiedenis van die
mensdom het weer bewys dat wanneer dit die sosiale
ontwikkeling van die mens behels, die forseer van
stelsels wat nie spontaan sou gebeur het nie, op 'n
mislukking uitloop. Die twee dinge was die Muur in
Berlyn and Apartheid.

'n Derde saak is geleidelik besig om homself te
bewys, maar die gevolge daarvan is kommer
wekkend. Die dwing van 'n niespontane leerproses
deur ekstrene werk en beheer. Die gevolg is dat as
leerlinge en studente nie meer geforseer word om te
leer nie, leer hulle nie meer nie. Die arme leermeesters
wat begaan is, werk hulle disnis met toetse, aantekeninge
en voorbereidings om die leerders aan die gang te hou.
Dit beteken net een ding - een of ander tyd gaan die
bronne wat die dwang moet onderhou, agter raak.

In Suid Afrika is dit reeds die geval. (Dink aan al die
onderwysers wat moes pakkette vat. Dink aan al die
getoyi-toyi op tersiere inrigtings waar effektiewe
dwang afgeskaf is.) In ander lande het
dit lankal reeds gebeur. In party lande moet dit nog
gebeur. Die enigste lande wat dit gaan vryspring, is
hulle wat weer 'n ho"e prys op spontane leer gaan stel.

Wat is "spontane leer". Dis beslis nie iets soos
luimenskoffie nie! Wil julle nie bietjie insette oor
hierdie saak maak nie.

Alles van die beste.
At de Lange
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9834 is 'n antwoord op boodskap #9771] Mon, 23 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: December 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

>> Enige persoon wat instant coffee
>> "luivrou koffie" noem, het 'n agenda en wil net ander
>> seermaak.
> Verskoning, ek versta nie "het 'n agenda en wil net ander
> seermaak" nie.
>

He He. Arthur dit was net 'n streep feminisme wat daar uitgekom het. Miskien
moet ons dit eerder kits koffie noem voor mense nou weer 'seergemaak' voel.

Sommige mense sien mos 'n agenda in alles!

Cheers
Lou
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9835 is 'n antwoord op boodskap #9771] Mon, 23 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: July 2000
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote in article
...

> Nieuw woord: sleurhut=caravan (trailer) (van sleuren=meeslepen)

Arikaans: "woonwa".

Leendert
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9836 is 'n antwoord op boodskap #9771] Mon, 23 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stefan Harms  is tans af-lyn  Stefan Harms
Boodskappe: 35
Geregistreer: October 1996
Karma: 0
Volle Lid
At de Lange moedig aan:

> Stefan,
>
> Baie dankie vir jou bydare oor die Mennonite. Hoe lyk
> dit met verder bydraes.

Enige-iets om jou aan die praat te hou, Oom At - siende hoe ek jou skrywe
(tikke?) geniet het.

> Alle tegnologie het deur die toedoen van die mens
> tot stand gekom. Geen tegnologie sou spontaan
> (vanself) tot stand gekom het nie. Alle tegnologie is
> dus niespontane verskynsels. Selfs batterye, sonselle
> en generators wat ander niespontane tegnologie moet
> dryf, kan self nie spontaan tot stand kom nie.

Dit hang af wat jy met spontaan bedoel.
Beteken dit - sonder die verbruik van energie, of beteken dit sonder die
inmeng van buite?

Die Wet van Wanorde sê dat daar 'n bestendige trend na entropie (wanorde)
is - uiteindelik sal alle potensiele energie in warmte omgeskep wees. 'n
Spontane proses, ja?.
Die proses wat ORDE (neg-entropie) skep, word ook LEWE genoem. Hierdie
proses verg energie. Maar, in die groter geheel beskou, word die
termodinamiese Wet nie verbreek nie, alhoewel die verskynsel LEWE blykbaar
die neiging na wanorde teengaan. So sou dit dalk ook 'n spontane proses
wees?

> 'n Kenmerk van alle niespontane skeppings is dat
> sodra die eksterne beheer en werk weg geneem word,
> die skepping nie vanself aangaan nie. Verval tree
> dadelik in werking totdat daar uieindelik niks meer oor is
> nie.

So dan het ek reg verstaan, die verskynsel LEWE is spontane skepping?

> 'n Kenmerk van alle spontane skeppings (veranderinge) is
> dat hulle ingespan kan word as 'n bron vir werk. Daardeur
> word hulle eie voortgang vertraag. Ons samelewing wat
> so sterk leun op niespontane skeppings, plaas geweldige
> eise aan die spontane skeppings.

Ek wil oor al jou politiek na jou laaste paragraaf spring:

> Wat is "spontane leer". Dis beslis nie iets soos
> luimenskoffie nie! Wil julle nie bietjie insette oor
> hierdie saak maak nie.

Weereens vermoed ek dat daar verskillende vlakke van betekenis van "leer"
is, en dit kan soms verwarrend word as dit nie duidelik uitgespel word wat
jy bedoel nie.

Ek sou dink dat "leer" die proses in 'n organisme van inwin van informasie
(gekonsentreerde vorm van Orde) van sy omgewing is.
Waarskynlik verg die proses energie, alhoewel ek vermoed dat dit op 'n
ander dimensie 'n passiewe, (? spontane) proses is. Dit beter 'n passiewe
proses wees, om 'n akkurate weergawe van die eksterne omgewing te
verseker.

Maar wat, At,
ek is maar 'n eenvoudige idiomoot
wat so pas oor die afgrond gestap het
en nog net staan omdat ek nog nie besef het dat daar geen grond onder my
voete is nie.

Soos ek begin val, hou ek vas aan een goeie idioom:
Skoenmaker, hou by jou lees!

--
Stefan Harms
For e-mail remove the ANTISPAM from the e-mail address, sorry.
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9845 is 'n antwoord op boodskap #9771] Tue, 24 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote in article
...
> Nieuw woord: sleurhut=caravan (trailer) (van sleuren=meeslepen)
>
> Julle is als Vlaminge: zy gebruike ook by voorkeur "pure taal".

Arthur,

'n Lewende taal in die mond van mense wat graag voluit
wil leef, kan nooit 'n pure (suiwer) taal wees nie.

Laat ek dit illustreer met chemie. Die hart van chemie is
die chemiese reaksie. 'n Taal is soos die chemiese reaksie.
'n Chemiese reaksie is nooit 'n spul suiwer verbindings wat
met mekaar reageer nie. Dit is altyd 'n mengsel van suiwer
verbindings. Dit is in wese die mengsel wat reageer. As 'n
mens dit nie begryp nie, sal chemie 'n geslote boek bly.

Dit is so belaglik dat dit aan die absurde grens om te praat
van 'n "suiwer chemiese reaksie". Daar is nie iets soos een
chemiese reaksie wat minder suiwer as 'n ander is nie. Daar
is net iets soos 'n stof wat in een reaksie sal reageer, maar
in 'n ander nie. Net so is 'n taal. Daar is woorde (stowwe) wat
'n mens kan gebruik, maar nie 'n reaksie by die toehoorder
ontlok nie. Daar is ander woorde wat weer 'n hewige reaksie
kan ontketen. Die krag van 'n taal word bepaal deur hulle
wat dit gebruik.

Alles van die beste.
At de Lange
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9857 is 'n antwoord op boodskap #9771] Wed, 25 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Stefan Harms wrote in article
...
>> Alle tegnologie het deur die toedoen van die mens
>> tot stand gekom. Geen tegnologie sou spontaan
>> (vanself) tot stand gekom het nie. Alle tegnologie is
>> dus niespontane verskynsels. Selfs batterye, sonselle
>> en generators wat ander niespontane tegnologie moet
>> dryf, kan self nie spontaan tot stand kom nie.
>
> Dit hang af wat jy met spontaan bedoel.
> Beteken dit - sonder die verbruik van energie, of beteken dit sonder die
> inmeng van buite?
Spontane"teit het altyd met 'n oordrag van energie
te doen. Ja, jy is reg, spontaan beteken sonder die
inmeng van buite. Laat ek dit so verduidelik.

Die begrip spontane"iteit moet altyd in samehang met
'n spesifieke verandering van 'n sekere begin na 'n
sekere einde gesien word. Die bergip spontane"iteit
het twee waardes: spontaan en niespontaan.

'n Niespontane verandering kan nie vanself gebeur nie.
Maar dit beteken nie dat 'n niespontane verandering
nooit kan gebeur nie. Dit kan wel deur 'n eksterne
energie bron geforseer word deur arbeid (georganiseerde
energie) te verrig op die verandering. Sodra die arbeid
ophou, stop die niespontane verandering.

'n Spontane verandering gebeur vanself. Om arbeid op
so 'n verandering te verrig, is oorbodig. 'n Spontane
verandering kan altyd ingespan word as 'n energiebron
vir arbeid. Hoe meer arbeid die bron verrig, hoe meer
uitgeput raak die bron. 'n Spontane verandering wat
dus te veel belas word, sal stop om te verander.

> Die Wet van Wanorde sê dat daar 'n bestendige trend na entropie (wanorde)
> is - uiteindelik sal alle potensiele energie in warmte omgeskep wees.

Dit is hoe 99.9% tradisionele fisika, chemie en ingenieur
handboeke dit stel. Maar eintlik moet 'n mens dit baie
suiwerder bedink. Die Tweede Wet van Termodinamika
(jou "Wet van Wanorde") sê eintlik dat wanneer enigiets
gebeur, moet die entropie van die heelal toeneem.

Weteskaplikes het reeds 'n goeie begrip van energie gehad
toe die 2de Wet ontdek is. Maar hulle het gesukkel om 'n
begrip te vorm van entropie. Dis toe wat hulle onder leiding
van Clausius begin dink het dat 'n toename in entropie as
'n toename in wanorde ge"interpreteer moet word. Dis net hier
waar die basiese wetenskappe vasgehaak het en 'n skeuring
met die biologiese wetenskappe veroorsaak het.

> Die proses wat ORDE (neg-entropie) skep, word ook LEWE genoem. Hierdie
> proses verg energie. Maar, in die groter geheel beskou, word die
> termodinamiese Wet nie verbreek nie, alhoewel die verskynsel LEWE blykbaar
> die neiging na wanorde teengaan. So sou dit dalk ook 'n spontane proses
> wees?

Die term "negentropie" is deur niemand anders as Erwin
Schroedinger geskep nie (iewers na die Tweede Wereldoorlog).
Hy was die vader van Kwantum Meganika sowat 25 jaar
vantevore. Hy was dus nie 'n pampoen nie. Hy het met hierdie
term probeer om lewe en die 2de wet te versoen. Hy het vermoed
dat dat lewe die 2de wet (entropie toename) omseil deur
self van negentropie (entropie afname) gebruik te maak.
Maar hy kon nie 'n wet daarstel wat negentropie duidelik maak
nie.

Max Plack, die ontdekker van die kwantum verskynsel, het
hierdie verskynsel ontdek terwyl hy besig was met sy navorsing
in termodinamika. Hy was self nie 'n pampoen nie. Omdat hy
veel beter ingegrawe was in termodinamika as Schroedinger, was
hy glad nie gelukkig met die begrip negentropie nie. Hy het eerder
vermoed dat ons begrip van entropie skeef was.

Hy was reg, maar hy kon nie die oplossing vind nie. Twwe persone,
Gibbs, Helmhotz) het reeds in die vorige eeu bevind dat energie
en entropie ten nouste saam loop. Hulle het die vergelykings
F=E -TS en G=E + PV - TS ontdek. Laat ons F = E - TS bekyk.
F staan vir vryenergie (potensieele energie). E vir totale energie, T
vir temperatuur en S vir entropie. Let op dat in die vergelyking
S in 'n negatiewe sin (- teken) bydra tot die vryenergie. Met ander
woorde, S tree amper soos Schroedinger se negentropie op!

Maar wat is die vryenergie F dan? Hier kom die groot verrassing!
F bepaal of 'n verandering spontaan of niespontaan sal wees.
As die vryenergie F afneem, sal die verandering spontaan wees.
As F toeneem, sal die verandering niespontaan wees. Dit is dus
amper asof vryenrgie F 'n teegestelde beeld van entropie S gee.
Met ander woorde, baie van Schroedinger se geskryf oor
negentropie het eintlik met vryenergie (potensieele energie) te doen.

Maar amper is nog nie stamper nie. Wat is die rol wat die
vryenergie F in wanorde en orde speel, as dit dan nie
entropie S is nie? Presies dieselfde swart gat voor in die pad,
net vanuit 'n ander bril gesien (die F-bril in plaas van die
S-bril).

>> 'n Kenmerk van alle niespontane skeppings is dat
>> sodra die eksterne beheer en werk weg geneem word,
>> die skepping nie vanself aangaan nie. Verval tree
>> dadelik in werking totdat daar uieindelik niks meer oor is
>> nie.
>
> So dan het ek reg verstaan, die verskynsel LEWE is spontane skepping?

Jaaaaaa!!!!!

Maar wat van die swart gat? Hoe versoen 'n mens lewe wat
voortstu na groter orde met die INTERPRETASIE van
entropietoename dat die heelal voortstu na groter wanorde.

Toe kom Ilya Prigogine, Nobelpryswenner-chemie-1976 in
die prentjie. Hy verkry die insig dat die interpretasie in terme van
wanorde eensydig is. Hy raak oortuig daarvan dat entropietoename
ook tot orde kan lei. Lees die boek deur hom en Isabella Stengers
naamlik "Order out of Chaos" (1984). Dit is 'n riller. Lees ook
Fritof Capra se boek "The Web of Life" om te sien hoe sake
verder ontwikkel het.

Sy tweede groot insig is dat wanneer orde onstaaan, dit deur
'n vurking ("bifurcation") geskied, 'n gebeurtenis vol van drama
en misterie.

Nou waar kom ek in die prent. Julle sal maar moet wag vir
my boek. Basies kom dit hierop neer dat alamal gedink het
dat die 2de wet net geldig is vir die fisiese (materiele, vleeslike)
wereld. Ek het ook so gedink. Ons almal was slagoffers van die
bygeloof dat die stoflike wereld and die abstrakte wereld onafhanklik
van mekaar bestaan. Toe maak ek 'n empiriese ontedekking in
1982-83 wat my verbyster laat. Die 2de wet geld ook vir die
abstrakte wereld, die wereld waartoe ons toegang kry met ons
denke.

> Ek wil oor al jou politiek na jou laaste paragraaf spring:
>
>> Wat is "spontane leer". Dis beslis nie iets soos
>> luimenskoffie nie! Wil julle nie bietjie insette oor
>> hierdie saak maak nie.
>
> Weereens vermoed ek dat daar verskillende vlakke van betekenis van "leer"
> is, en dit kan soms verwarrend word as dit nie duidelik uitgespel word wat
> jy bedoel nie.
>
> Ek sou dink dat "leer" die proses in 'n organisme van inwin van informasie
> (gekonsentreerde vorm van Orde) van sy omgewing is.

Wonderlik. Jy het een van die twee fases van leer raakgesien -
die "eet" van informasie sodat kennis kan groei.

> Waarskynlik verg die proses energie, alhoewel ek vermoed dat dit op 'n
> ander dimensie 'n passiewe, (? spontane) proses is.

Wonderlik. Jy sien raak dat "etende leer" soms spontaan en
soms niespontaan kan wees. Weet jy wat beinvloed hierdie
spontane"iteit? Kompleksiteit!

> Dit beter 'n passiewe
> proses wees, om 'n akkurate weergawe van die eksterne omgewing te
> verseker.

Stefan, in 'n sekere sin is jy reg. Ons het toegelaat dat
kompleksiteit "etende leer" verander na 'n niespontane
proses. Dit gebeur dus nie meer vanself nie. Wereldwyd
moet onderwystelsels dus maniere bedink om deur eksterne
arbeid en kontrole die niespontane proses so te dwing dat
dit wel gebeur. Ek dink dit is wat jy raak gesien het.

Maar die groot vraag is, kan ons weer spontane "etende leer"
(digestive learning) herwin?

My antwoord is ja - en wel deur wat ek ontluikende leer
(emergent learning) noem. Ontluikende leer is ten nouste
gekoppel aan vurking/breekpunt (bifucations).

> Maar wat, At, ek is maar 'n eenvoudige idiomoot
> wat so pas oor die afgrond gestap het en nog net staan
> omdat ek nog nie besef het dat daar geen grond onder my
> voete is nie.
>
> Soos ek begin val, hou ek vas aan een goeie idioom:
> Skoenmaker, hou by jou lees!

Dan is ek 'n veel groter idioot as jy. Ek het einde 1967 die
eerste keer so 'n stappie gemaak wat my professore en
medestudente as idioties beskou het. Ek het navoring in
kernfisika verruil vir navorsing in die chemie en fisika van
grond. In 1971 het ek volgens hulle 'n nog groter idiotiese stap
geneem toe ek navorsing in die fisiese wetenskappe verruil
het vir 'n selfopgelegde taak, naamlik hoe kan mense, groot
of klein, ryk of arm, slim of dom, wit of swart, vry of ingeperk,
heidens of gelowig, hulle self meer bemagtig vir die lewe. Ek
het myself in die onderwys begewe - en daardeur selfs my
predikant bedroef want hy het geglo dat net die teologie goed
genoeg is vir so 'n taak.

Dank die Vader vir my liewe vrou. Sy het gesê dat ek maar
moet aangaan, al kon sy nie verstaan waarom ek so 'n swart
gat wou aandurf nie. En my kinders? Dikwels wonder ek of
hulle my nie partykeer as 'n idioot beskou nie.

Nee man, Stefan. Die tyd is lankal ryp dat julle moet begin
om julle "gekke gedagtes" in woorde te giet en uit ander
se woorde "gekke gedagtes" op te tower. Kry lewe. Gee
weer lewe aan Afrikaans. As Afrikaans nie aanhoudend
gebore en gevoed word nie, gaan dit sterf!

Ek hoop om oor drie weke weer by julle te wees.
Gelukkig is daar nie internet in die Namib nie. Geniet
julleself op ons NG.

Alles van die beste.
At de Lange
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9858 is 'n antwoord op boodskap #9857] Wed, 25 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stefan Harms  is tans af-lyn  Stefan Harms
Boodskappe: 35
Geregistreer: October 1996
Karma: 0
Volle Lid
At de Lange:

> Ek hoop om oor drie weke weer by julle te wees.
> Gelukkig is daar nie internet in die Namib nie. Geniet
> julleself op ons NG.
>
> Alles van die beste.
> At de Lange

Wat lekker kampvuurstories sal hierdie man nie kan vertel nie, ai!
Ek wil saamgaan.

Terloops, daar is internet in Namibie, ek kan jou selfs die adres van een
van die webmeesters in Swakop gee, as die gier jou so erg soos my beet
het.
Aan die ander kant, as jy in Swakop is, is daar veel dinge om te doen, ja,
ek dink internet kom dan tweede.

groete

--
Stefan Harms
My e-mail address hopefully leads all thoughtless and inconsiderate direct replies astray.
With some thought and consideration you could reach me, though.
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9859 is 'n antwoord op boodskap #9771] Wed, 25 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: July 2001
Karma: 0
Senior Lid
lo...@hotmail.s_p_a_m.com schreef

dit was net 'n streep feminisme wat daar uitgekom het.

>
> Cheers
> Lou
>
Sorry Lou, maar ik weet niet hoe ik "net" moet vertalen. In het
Nederlands kun je "net" ook wel lezen als "precies", maar misschien
betekent het in het Afrikaans wel zoiets als "niet" (english: not) en
dat is het tegenovergestelde! Ook een precieze vertaling voor "streep"
kan ik niet bedenken ( dit noem ik persoonlijk een streep:
_________________ ). Kun je misschien in een andere taal een vertaling
geven? (Engels, Duits of Frans).

Baie dankie
Arthur.
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9863 is 'n antwoord op boodskap #9771] Thu, 26 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Arthur Hagen wrote:

> Sorry Lou, maar ik weet niet hoe ik "net" moet vertalen. In het
> Nederlands kun je "net" ook wel lezen als "precies", maar misschien
> betekent het in het Afrikaans wel zoiets als "niet" (english: not) en
> dat is het tegenovergestelde! Ook een precieze vertaling voor
> "streep"
> kan ik niet bedenken ( dit noem ik persoonlijk een streep:
> _________________ ). Kun je misschien in een andere taal een vertaling
>
> geven? (Engels, Duits of Frans).
>

Arthur !Ek sien dat hierdie klein verskille tussen ons tale nogal baie
probleme kan skep :-)
die Afrikaanse "net" soos deur Lou gebruik, kan vertaal word as "just"
of "only", wat aan die sin dieselfde basiese betekenis kan gee. As ek sê
dat "net" "slegs" kan beteken, maak dit vir jou sin ?

"Net" kan ook dui op die selfstandige naamwoord wat op 'n visnet kan
dui.

Ek dink dis al oor die woord, wat betekenis betref. Hoop dit help.

Op 'n ander noot.

Ons het op Hoërskool 'n boek met die naam "Koning van Katoren" behandel.
Ek vergeet die outeur se naam. Dit was een van die beste boeke wat ons
op skool deurgewerk het, en ek sou eintlik graag meer oor die skrywer
wou weet. Kan jy dalk help ?

H-J

> Baie dankie
> Arthur.

--
Regards

H-J

PS: Remove the .nospam from the email address to reply.
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9864 is 'n antwoord op boodskap #9771] Thu, 26 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
Arthur Hagen wrote:
>
> lo...@hotmail.s_p_a_m.com schreef
>
> dit was net 'n streep feminisme wat daar uitgekom het.
>
>>
>> Cheers
>> Lou
>>
> Sorry Lou, maar ik weet niet hoe ik "net" moet vertalen. In het
> Nederlands kun je "net" ook wel lezen als "precies", maar misschien
> betekent het in het Afrikaans wel zoiets als "niet" (english: not) en
> dat is het tegenovergestelde! Ook een precieze vertaling voor "streep"
> kan ik niet bedenken ( dit noem ik persoonlijk een streep:
> _________________ ). Kun je misschien in een andere taal een vertaling
> geven? (Engels, Duits of Frans).
>
> Baie dankie
> Arthur.
Vertaling van Afrikaanse "net" na Nederlands: Het was "maar" een grapje!
Griet
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9865 is 'n antwoord op boodskap #9771] Thu, 26 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote in article
...
>
> lo...@hotmail.s_p_a_m.com schreef
>
>> dit was net 'n streep feminisme wat daar uitgekom het.
>

> Sorry Lou, maar ik weet niet hoe ik "net" moet vertalen. In het
> Nederlands kun je "net" ook wel lezen als "precies", maar misschien
> betekent het in het Afrikaans wel zoiets als "niet" (english: not) en
> dat is het tegenovergestelde!

Die "net" beteken hier "klaarblyklik".

> Ook een precieze vertaling voor "streep"
> kan ik niet bedenken ( dit noem ik persoonlijk een streep:
> _________________ ).

Die "streep" beteken hier "stukkie".

Arthur, 'n mens moet maar versigtig wees met die vroumense.
Ek het probeer om al my kinders kreatief te laat lewe. Maar
een swaeltjie maak nie die somer nie. Iewers het my tweede
oudste dogter feministies geraak. Sy kom daagliks te doen
met mense wat nie skeppend wil wees nie. Wanneer dit mans
is, beleef sy hulle teenreaksies as 'n aanval op haar vrouwees.
Sy het selfs haar hare rooi gekleur om behoorlik aan hulle 'n
teken te gee om op hulle pasoppens te wees.

In ons huis maak die mans meestal die koffie. Ek twyfel of ek
of my seuns ooit die "man" in "luimankoffie" sou opgemerk
het. Ter wille van die vrouens moet ons maar liewers praat van
"luimenskoffie".

Ek dink tog dat vrouens rede het om gebelgd te voel. Ek lees
die laaste twee maande weer dikwels in 1876 se Encyclopedia
Brittanica. (Ja, ek is die gelukkige eienaar van hierdie 120 jaar
oue reeks wat 35 volumes beslaan en twee vierkante meter
se boekrak vol staan.) Ek neem 'n volume op 'n slag en bekyk
elke inskrywing. Dikwels gaan dit oor 'n mens wat een of ander
vermag het. In minder as 1% van die gevalle handel dit oor
'n vrou.

Ek probeer onder andere om meer oor die geskiedenis van die
laaglande (noord Europa) te wete te kom. Wat my veral getref
het, is dat die vroue van die laaglande die minste rede het om
feministies te wees. Dit het met hulle die beter gegaan as met
meeste ander vroue oor die res van die wereld. Die laaglandse
vroue is nogal heelwat lewensruimte gegun. Miskien moet iemand
eendag hieroor 'n boek skryf.

Onder D het ek afgekom op Jean D'Arc of Johanna van Arkel.
Wat 'n wonderlike mens was sy nie. Ek wens ek het 'n suster
gehad soos sy. Miskien moet ek iets van haar vertel as ek
terug kom van die Namib.

Terloops, die Namib is baie groot. Die gedeelte waarin ek veral
wil vertoef, staan bekend as Namgorab. Dis wes van Maltahohe
gelee. Daar is die sand oranje, die boesmangras wit, die
kameeldoring se stam swart, die lug kobaltblou en die berge pers
in die verte. Daar is die lug so skoon dat jy 'n blommende
ghobba (Hoodia gordonii) se aasreuk kilometers ver kan ruik
as die luggie reg op jou aftrek. Daar, anderkant die laaste plaas
se grensdraad, kyk reuse gemsbokke jou verontwaardig aan:
"wat soek jy hier in ons wereld". Daar, op die klippe langs jou,
daag die bloukop koggelmander jou tot 'n tweegeveg uit as jy
enigiets blou aan het. Daar, as jy op die grond slaap, hoor jy
dikwels die sagte gesnork van 'n pofadder wat langs jou warmte
kom opkrul het.

Daar in die Namib maak 'n mens nie luimenskoffie nie. Die
koffiewater moet stoom, maar nie kook nie. 'n Mens kook nie die
koffie se lewe dood nie. Daar word 'n handvol moer nog in die
water gemoer. 'n Lepel mag nie gebruik word nie omdat dit nie
lewe het nie. Die lewe kan ook nie afgemeet kan word nie. Dan
word dit met 'n stok met 'n groot vuurkool vooraan geroer. Daardie
vuurkool dra aan die koffie 'n ekstra lewe oor. Wonderbaarlik.

Alles van die beste
At de Lange
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9866 is 'n antwoord op boodskap #9771] Fri, 27 June 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gys Dubbeld  is tans af-lyn  Gys Dubbeld
Boodskappe: 20
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article Griet writes:
> From: Griet
> Subject: Re: Idioom "luivroukoffie (?)"
> Date: Thu, 26 Jun 1997 21:12:15 -0400

> Arthur Hagen wrote:
>>
>> lo...@hotmail.com schreef
>>
>> dit was net 'n streep feminisme wat daar uitgekom het.
>>
>>>
>>> Cheers
>>> Lou
>>>
>> Sorry Lou, maar ik weet niet hoe ik "net" moet vertalen. In het
>> Nederlands kun je "net" ook wel lezen als "precies", maar misschien
>> betekent het in het Afrikaans wel zoiets als "niet" (english: not) en
>> dat is het tegenovergestelde! Ook een precieze vertaling voor "streep"
>> kan ik niet bedenken ( dit noem ik persoonlijk een streep:
>> _________________ ). Kun je misschien in een andere taal een vertaling
>> geven? (Engels, Duits of Frans).
>>
>> Baie dankie
>> Arthur.
> Vertaling van Afrikaanse "net" na Nederlands: Het was "maar" een grapje!
> Griet

Ek sou "net" hier as "alleen maar" in Nederlands vertaal. In Nederlands sou
my sin so klink:

"... daar kwam alleen maar een stukje/beetje/ feminisme na voren"

Miskien help dit (alhoewel my Nederlands alles behalwe meer suiwer is).

Gys
Re: Idioom "luivroukoffie (?)" [boodskap #9896 is 'n antwoord op boodskap #9771] Sat, 05 July 1997 00:00 Na vorige boodskap
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gys Dubbeld wrote:
>
> In article Griet writes:
>> From: Griet
>> Subject: Re: Idioom "luivroukoffie (?)"
>> Date: Thu, 26 Jun 1997 21:12:15 -0400
>
>> Arthur Hagen wrote:
>>>
>>> lo...@hotmail.com schreef
>>>
>>> dit was net 'n streep feminisme wat daar uitgekom het.
>>>
>>>>
>>>> Cheers
>>>> Lou
>>>>
>>> Sorry Lou, maar ik weet niet hoe ik "net" moet vertalen. In het
>>> Nederlands kun je "net" ook wel lezen als "precies", maar misschien
>>> betekent het in het Afrikaans wel zoiets als "niet" (english: not) en
>>> dat is het tegenovergestelde! Ook een precieze vertaling voor "streep"
>>> kan ik niet bedenken ( dit noem ik persoonlijk een streep:
>>> _________________ ). Kun je misschien in een andere taal een vertaling
>>> geven? (Engels, Duits of Frans).
>>>
>>> Baie dankie
>>> Arthur.
>> Vertaling van Afrikaanse "net" na Nederlands: Het was "maar" een grapje!
>> Griet
>
> Ek sou "net" hier as "alleen maar" in Nederlands vertaal. In Nederlands sou
> my sin so klink:
>
> "... daar kwam alleen maar een stukje/beetje/ feminisme na voren"
>
> Miskien help dit (alhoewel my Nederlands alles behalwe meer suiwer is).
>
> Gys

Ek stem 100% saam met hierdie vertaling. Dit help as mens tuis
Nederlands gepraat het.

Griet
Vorige onderwerp: Idiomatiese Uitdrukking: FOEITOG
Volgende onderwerp: Afrikaans woordenboek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 22 05:42:06 UTC 2024